Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM
Uit "Wat die hart van vol is" deur PETER BLUM [boodskap #23370] Do, 27 Mei 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Wat die hart van vol is"
Peter Blum

So lê u spore diep in my. U het my bitter
denke bekeer, my bitsig-bose tong
geleer om soet te buig, eers tot u eer,
toe ook met ander lof. 'n Duister, jong,
verstokte vasteland het u laat skitter
met kenbaarhede; heidense kontrei
het u welluidender vernoem - gedoop
in 'n nuwe taal wat oor die landkaart sprei
(waardeur ek groei, maar wat deur my ook groei)
- pleknaam tot pleknaam Kaap die Goeie Hoop.
Vorige onderwerp: gedig van Leipoldt
Volgende onderwerp: "Die Toring van Babel" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 19:36:55 MGT 2024